HOUTBAAI TUNA EPISODE RESEPTE
GEHEIME SESAME OLIE EN SOJASOUS RESEP
- 1 eetlepel Sesame olie
- 3-4 eetlepels SoyaSous
- 1 tee lepel Vars Gemmer en so biethie gemmer sous
- 1 eetlepel Mirin / Heuning
- ‘Chinese 7 spice”
TUNA SASHIMI
Sny die vars tuna in dum repies en bedien met soja sous, ingelegte gemmer en wasabi.
Garneer met ‘chines 7 spice’ en spruituie
TUNA INARI
BESTANDELE
- INARI – DIT KAN JY KOOP BY ENIGE CHINESE SUPERMARK
- Vars tuna in klein blokies gesny
- Kewpie mayonnaise
- Sesame olie en Soja sous
- Spruituie
- Sushi rys
- Sny die inari deeg in die helfte, en vou die oop. Dit is dan in die vorm van ‘n bootjie
- Maak klein sushi rys balletjies en vul die inari deegie hiermee
- Meng die tuna stukkies met die geheime sousie en plaas ‘n bietjie op elke stukkie inari.
- Spuit kewpie mayonnaise oor die inari stukkie
- Garneer met spruituie en ‘chinese 7 spice’
TUNA POKE BAKKIES vir 4 mense
BESTANDELE
- 1 komkommer skywe
- Gesnipperde wortels
- Glass noodles / sushi rys
- Spruituie
- 2 avokado pere
- Edamame bone 2 koppies
- 4 eetlepels ingelegte gemmer
- Vars geelfin Tuna gesny in 1 duim vierkant blokkies, so 18g per bakkie
- Verdeel die bestandele in vier bakkies. Vul elke bak met soveel vis, avokado, komkommer, skulpies en sesamsaadjies as jy wil.
- Voeg die oorblywende bestanddele. Dan kan jy dit eet net soos dit is, voeg ekstra toppe soos geroosterde sesamsaad, Chili Peppers, spruituie of seewier by.
GEBRAAIDE TUNA ‘BELLY’
Gooi slegs sout en peper op die belly, geen olie of botter in die pan is nodig nie, die belly is baie vetterig.
Braai op hoe hitte op elke kant vir 6 minute tot gaar en 'crispy' aan albei kante. Gooi die geheime sesame en sojasous oor en bedien.